Minggu, 31 Maret 2013

Reis in jou dorp rond

So soek ons Goeie Vrydag 'n plek wat na middernag bier op 'n vreedsame manier verkoop.
Daar is vele plekke in Pietermaritzburg wat na die hekse uur jou geld in die polsende donker sal ruil vir iets wat ruik soos bier, maar dese plekke het ook altoos iemand boos en iemand anders wat bloei en kort daarna sirenes wat loei.
 Nie die aard van water-aar wat 'n vermoeide griffelaar na ure se nagskof soek nie.
Inline image 1Maar met al die plekke wat nie TE woes is, so toe soos 'n Barbiedol se,  erm...
oor, verdof 'n dors skriba se standaarde gou soos dou in die winterkou.

Die lat ek in die onderdorp by die eerste aanblik van 'n gesellige vuur op die sypaadjie, neffens sulke helder piek neonligte, vir Abraham vertel ons soeke na 'n bier stop hier.
Dis Pakies, opper Abraham. Pakies is mense wat rou urdu praat en sommer nog onlangs vanaf 'n skippie by 'n versteekte baai êrens aan Wilde Kus afgeklim het. Meestal sonder die beslommernis van 'n paspoort of ander swaar immigrasievorms, verduidelik hy.
Pakies skraap 'n lewe deur aan nanag mense soos ons goete te verkwansel. Daar is baie van hulle... en nie almal is ewe vriendelik nie.
Ja, maar hulle boelieburger kos net R5,99, wys ek vir Abraham.
Dis omdat die "boelie" deel van die burger stellig vanoggend nog gewriemel het toe dit van die N3 af opgeskraap was, meen Abraham. Hy raak soms so donker filosofies.
Vertel ek vir Abraham as die klante wat uitkom so vet is soos die op die kiekie, weet ons ten minste daai boelieburger gee nie jippouguts of anoreksia nie.
Ook maar honger en dors, gee Abraham in en vra vir die oom meer detail oor die boelieburgers. Hulle praat urdu en ek verstaan niks. (Abraham is - sy naam ten spyt - gebore in Zambïe, in Transkei geskoei en toe in Indïe geskool en vele kere begraad.)
Inline image 2Uit die hoek van sy mond vertaal hy. Dit word "vars" uit deep fried vleis gemaak (wat as ons gelukkig is, selfs sterk na boeliebeef sal proe), en vat 'n half uur in die olie. Ons moet in die Bulldog bar 'n bier gaan drink, hulle bring dit seintoe.
Musiek op my ore.
Toe draai die oom om en hoes te lekker oor die vlamme. En die patties. En die pan kokende olie.
Ek sluk swaar en troos myself dis WARM vlamme daai, ;n half ur behoort als dood te skroei. Self TB.
Die Bulldog bar - einste een van die pienk neon ligte, het as take away begin.
Die kroegie is waar die toonbank was. Klein, maar keurig versier met plastiek houtpilare en Indiese krulle goete en so. Die dames wat daar vergader en in die stegie agter die Bulldog bar, wel, "werk", hou hulle eenkant.
(Wat jammer is, want ek wou graag vir ene vra "en wat's jou naampie?" en as sy my vertel om te eff-off, by te voeg "...en jou vannetjie?")
Inline image 4
Ek bestel twee biere.
Twee quarts word so vinnig oopgemaak en neergeplak, die 'tssst, 'tssst van hulle doppies klink soos een sis uit hun Edense slang. 
Net R17,50 elk. Ons sluk dankbaar diep en toe die quarts net mooi "hollfs" is, bring die oom die burgers, stomend warm op vars rolletjies, met perfekte slap tjips gegarneer en vir my, die warm tjillliesous wat ek gevra het.
 Inline image 3Bargain, meen Abraham na hy versigtig geproe het.
"Bugn" stem ek saam met kake vol boelie.
Die burgers was so lekker, ons bestel nog.
Hoe dan anders as mens klein geld kry uit R25 vir twee en 'n halwe bier en stomende deepfraaid burger?
Sonder enige probleme van hoes, of so later - let wel.
Wat als net my twee NBste reëls vir reis onderskraag:
1. Kry 'n native guide.
2. Vir die lekkerste ervarings, breek brood met die locals.

Vir almal van julle wat so gelowe, hoop dit was 'n geseënde ooster. Vir die wat nie so gelowe nie, maak soos die plaaslike Hindu bemarker gemaak het toe haar Moslem baas haar vertel sy moet vir die Christene die beauty salon se specials oor Ooster adverteer.
Ook net in PieMbee.Inline image 5

Tidak ada komentar:

Posting Komentar